Ecuador se boere verdien egter meer as net 'n goeie handdruk en medalje. Hierdie hardwerkende mense weet van hande arbeid en bewerk baie van die lande of met fisiese hande arbeid of met bees en ploeg. Hier en daar is daar wel n trekker wat rondloop....maar dit is 2200 tot 3600m bo seevlak! Ons slaap vanaand in die historiese ou dorpie met die naam van Cuenca. Vol ou geboue en klip strate.
Vrind Byron waag dit om hare te sny by een van die 'Barber Shops' in Cuenca....hy was moeg vir deermekaar helmet hare......
No comments:
Post a Comment