Tuesday 13 December 2011

Another take on Cartagena Colombia

Mirrag,

Hierdie is die eerste keer dat ek 'n blog mag skryf, so hier gaan hy.............

Ons het 'n baie lekker trip met die boot 'Independence" gehad (een van die grootste in Portebelo se hawe)
die mense aan boord was ongelooflik vriendelik gewees en ek dink ons groep het dalk met twee mense gegroei, een Kanadees en een Uruguayian, sal sien hoe ver ons saam gaan ry.

Die foto hier onder was toe ek (deur die hele Crew) gedaag was om die Kaptein aan te vat op sy "marcial arts" tegniek en ek moet se die ou kerel het my op die grond gehad met die tweede move.



Hierdie is Captaein Michelle se autopilot sisteem, hy se dat hy nou nie eintlik in die autopilot ding glo nie en ek moet se ek kan nie verstaan hoekom nie.  Ons (Ek en Nic het  vandag in die stad 'n ou gevang wat 'n kas bier van die bikes af gesteel het en met die hardloop agter die ou aan het ons die Polisie  se aandag getrek en met die "inhegtenisneem' stadium kry die ou toe so 4 tot 5 houe met 'n knippel op die rug, was vir ons nogals snaaks gewees......ons het nog steeds die bier en is besig om dit te geniet.


Een van ons nuwe vriende se naam is JURKA van die Check republiek af, hy trap sy fiets al vir 9 maande van Alaska af en gaan die eindpunt (Patagonia in Argentinia) bereik in 4 maande.


Hier is ons laaste foto as 'n groep op die boot, van hier af het ons probeer om die bikes uit "Customs" uit te kry, maar dit het ons die hele dag gevat, uiteindelik het ons 5 minute voor ses daar uitgestap.

Op 'n ernstigre nood oorweeg ons dit om ons roete te verander en deur Colombia na Equador te gaan aangesien die 'Amazonas' op hierdie stadium nie meer gaanbaar is vir enige voertuie behalwe bote nie, sal julle op hoogte hou met die verwikkelinge.

Cheers
H

3 comments:

Bluebull2007 said...

Howzit from Lima. I live here so give me a ping if you are coming through. Im riding with a friend down to Tacna on the 10th Jan to chase the Dakar back to Lima if you guys want to tag along.

The email is nringdahl at gmail dot com.

Cheers

Neil

Marthinus101 said...

I used the track locate and viewed the map in google, just a pity you cant zoom in any closer. hope you are all having fun

TONY HEATH said...

I was wondering why the "tracker" shows Nics' bike still back in Guatemala or thereabouts.Has it broken?